26 Jul2014
Wintermark
Wintermark
Die jaarlikse Wintermark word gewoonlik einde Mei aangebied en is ‘n hoogtepunt op ons kalender. Almal werk baie hard om dit ‘n groot sukses te maak. Daar word beeste en skape bymekaargemaak wat dan geslag en bewerk word. Die heerlikste droëwors, biltong, steaks en maalvleis word gemaak, verpak en verkoop. Die dames laat ook nie op hulle wag nie en hulle bak brode en koeke, maak poeding en heerlike etes en wegneemetes word bedien. Dit is ‘n baie gesellige geleentheid met lekker vermaak wat gewoonlik tot laat die aand aanhou. Hier is vir ieder en elk iets om te geniet!Tags: wintermark