Jeug
Jeugkerk
Die Jeugkerk is waar ons kinders van Gr. 1-12 saamkom om die Here te aanbid. Ons kom op meeste Sondae soos op die kalender aangedui in die kerksaal bymekaar. Almal wat hulself kan vereenselwig met die Jeug se manier van aanbid, is welkom! Ons doen ook moeite om ten minste twee maal ‘n kwartaal as gemeente en gesinne saam in die kerkgebou te aanbid!
Kategese
In Vandermerwe gemeente is die Jeug vir ons kosbaar! Ons is dankbaar vir die omgewing en ruimtes wat die Here gee waarbinne ons jeug die Here kan leer ken en dien soos wat hulle groot word! Ons is dankbaar vir elke gesin, en elke jongmens wat by die verskillende aksies en projekte in die gemeenskap betrokke is! Ons voel veral geseënd met die kategete wat die Here vir ons gee, die kategese materiaal wat ons gebruik, en die toewyding en getrouheid van almal bertrokke by die kategese!
Kleuterkerk
Voorskoolse kinders word speel-speel en met aktiwiteite op hulle ouderdomsvlak die Bybelse waarhede geleer. Kleuterkerk vind elke Sondag van die kwartaal plaas in die Kleuterkerk-lokale tydens die erediens (tensy anders aangedui op die afkondigings) . Alle voorskoolse maatjies is welkom en ouers mag saam met hulle die kleuterkerk bywoon totdat hulle tuis genoeg voel om alleen te bly.
Koffiekroeg
Om deel te wees van en presies te weet hoe en wanneer die Koffiekroegbyeenkomste plaasvind,’ like’ die Bonnievale Jeug se facebookblad.
Jeugkampe
Ons hou jaarliks ‘n Snr Jeugkamp in die eerste kwartaal, ‘n Jnr Jeugkamp in die 4de kwartaal, en ‘n Belydeniskamp.