04 Aug2014
Gebedsonderwerpe – Augustus
Written by Lizl Oosthuizen. Posted in Gebedsonderwerpe
3 Augustus
• Aanbid God die Vader as die “EIENAAR” van die plek vanwaar ons lofgesange weerklink! (Ps 22:4)
• Aanbid Jesus as ons GROOT PRIESTER oor die huis van God. (Heb 10:21).
• Aanbid die Heilige Gees as ons VOORSPRAAK (Joh 14:16).
• Dank God Drie-enig vir ons “huise” van waaruit ons Hom kan dien.
• Dank God Drie-enig vir die wyse waarop Hy alle gelowiges oor grense heen aan mekaar verbind. (Gal 3:28)
• Vra vir vrede, vrede in ons harte, vrede in die wêreld. (Ps 122:6)
10 Augustus
• Aanbid die Here as die almagtige God wat groter is as ons teorieë of grense oor Hom.
• Bid dat ons as gemeente die Here in alles sal vertrou soos kindertjies.
• Bid vir die nominasies van kerkraadslede. Bid dat lidmate gewillig sal wees om ook op hierdie wyse deur die Here gebruik te word.
• Bid vir almal wat swaarkry en laste dra. Bid vir hulle wat hoop verloor het en wat elke dag net “oorleef.”
• Dra nou alreeds die gemeentekamp en kursus gedurende die 3de kwartaal aan die Here op.
17 Augustus
• Aanbid God Drie-enig as ons Hemelse Vader wat nie begrens kan word nie!
• Loof Hom omdat Hy vir ons só goed is, te midde van baie mense in die wêreld vir wie dit baie moeiliker gaan wees om dit te sê, al wil hulle!
• Dank die Here vir jou geestelike gawes.
• Vra dat die Here ons sal wys hoe om tot voordeel van mekaar te leef.
• Bid vir vrede, bid vir oplossings in konflik situasies.
24 Augustus
• Aanbid die Here as die Almagtige God wat groter is as ons teorieë of grense oor Hom
• Dank die Here vir al jou onverdiende seëninge, voorregte en geleenthede in die lewe.
• Daar is soveel oorloë wereldwyd. Bid vir vrede en versoening in die Midde-Ooste, Sirie, Iran, ens. Bid dat oplos-sings gevind word en dat mense na God sal soek. Bid vir almal wat ly a.g.v oorloë
• Soveel Christene word in baie wêrelddele wreed vervolg. Bid vir hierdie Christene wat baie swaar kry
• Die Ebola virus is n groot bedreiging vir wêreldgesondheid. Bid dat daar oplossing gevind word teen hierdie menslike ramp. Dra almal op wat alreeds deur die Ebola virus geaffekteer is.
31 Augustus
• 31 Aug staan in die kerk bekend as “Bybel- Sondag”. Dank die Here vir Sy Woord in Afrikaans. Bid ook dat ons as gemeente altyd sal staan op die waarheid van die Bybel.
• Dra die nuut verkose kerkraad aan die Here op. Dra elke kerkraadslid/hulpwerker aan die Here se leiding op.
• Daar is soveel oorloë wêreldwyd. Bid vir vrede en versoening in die Midde-Ooste, Sirië, Iran, ens. Bid dat oplossings gevind word en dat mense na God sal soek. Bid vir almal wat ly a.g.v oorloë.
• Soveel christene word in baie wêrelddele wreed vervolg. Bid vir hierdie christene wat baie swaar kry.
• Die Ebola virus is n groot bedreiging vir wêreldgesondheid. Bid dat daar oplossings gevind word teen hierdie menslike ramp. Dra almal op wat alreeds deur die Ebola virus geaffekteer is.
Related