vente valium diazepam online valium roche 10mg wikipedia
ambien pregnancy category ambien sleep taking ambien by mistake
history of soma enterprises buy soma soma enterprises ltd hyderabad address
soma dry cleaners opening hours soma pills rpm soma
soma termik santrali ihale buy soma online seroquel and soma interactions
does weed kill xanax high buy xanax online can xanax help with hyperhidrosis
how long should you wait to eat after taking phentermine buy phentermine online is phentermine banned in europe
does xanax cause dystonia generic xanax codeine xanax keep me tamed
phentermine how to stop taking it buy phentermine online cost of phentermine at pharmacy
soma veiculos chevrolet cuiaba soma pills soma strokes tab
Diensbaarheid
Ons dien saam
Volgelinge van Jesus weet dat God hulle uitstuur om mekaar en die wêreld te dien, met hul getuienis en hul gawes.
Getuienisaksies
Ons in Vandermerwe gemeente wil graag gehoorsaam wees aan die Groot Opdrag(Mt 28:18-20) vanuit dankbaarheid vir ons eie verlosssing en vanuit liefde vir God en Sy koninkryk! Ons verstaan ook dat ons aan die Groot Opdrag uitvoering moet gee deur gehoorsaam wees aan Hand 1:8, waarin ons opgeroep word om gelyktydig getuies te wees in Bonnievale as distrik (Jerusalem); in die Wes-Kaap as provinsie (Judea); in Buurlande (Samaria) en in ander lande van die wêreld!
Ons is dankbaar om by die volgende getuienis aksies betrokke te wees:
In Jerusalem
- Touching Hearts – Genesing en toerusting van die bruid van Christus sodat ons gereed kan wees vir die bruilofsfees met ons Koning Jesus.
- Amos Plaasbediening – Bediening aan almal betrokke by die landbou, asook maandelikse bediening aan plakkerskamp kinders.
- Kindertjie Amos – Weeklikse bediening aan kinders net buite die dorp.
In Judea
- Straatwerk – Ons is betrokke by en ondersteun hierdie bediening in die middestad van Kaapstad wat werksaam is onder dakloses, mense betrokke by prostitusie, en mense wat nagklubs besoek oor naweke.
- Internasionale Studente bediening – Ons ondersteun en ontvang gereeld studente via hierdie bediening wat van regoor die wêreld in Stellenbosch studeer. Ons word dikwels ook bemoedig deur van hierdie studente wat wel reeds Christene is.
In Samaria
- Mosambiek Geletterdheidsprojek – Ons hou kontak met twee sendeling egpare in Milange en ondersteun spesifiek die geletterdheidsprojek waardeur die kinders van Mosambiek in “bosskooltjies” beide skoling en die evangelie ontvang.
Tot in die uithoeke van die wêreld
- Mission Encouragement Trust – ’n Bediening wat veral d.m.v. ‘retraite’s’ en persoonlike kontak sendelinge van regoor die wêreld onderskraag en bemoedig.
- Kingfisher Mobilisasie Sentrum – Ons is veral via Ds. Piet en Dekseltjie Steyn betrokke by hierdie bediening en hulle fokus op opleiding, toerusting en dissipelskap in nuut gevestigde kerke in die wêreld.
- Kinderevangelisasie – Nederland – Ons ondersteun Ds. Marius Storm en sy gesin wat vir etlike jare al betrokke is by kinderevangelisasie in Nederland.
- Japansending – Ons ontvang gereeld besoek van Ds. Verwey en ondersteun Japansending deur die betrokkenheid van individuele lidmate.
Barmhartigheidsaksies
Herfsvreugde – die tehuis vir bejaardes.
Dienssentrum – etes word daagliks bedien en ‘n weeklikse program word aangebied vir hoofsaaklik ouer persone.
Vangnet – ‘n bedienings- en opheffingsprojek waar uitgeworpenes en baie behoeftige persone lewens- en handvaardighede leer.
Bonnie’s People Project – ‘n bediening- en opheffingsprojek onder persone wat in die plakkerskamp woonagtig is.
en ander
Indien jy bereid is en geroepe voel om by enige van bogenoemde organisasies of aksies betrokke te raak, kontak gerus die kerkkantoor by 023 616 2610.